Your Cart

Have everything you need?

← Back to shop
Your Cart is empty
Visit ourshop pageto see our full catalogue

Ek en Kathy (my vrou) het ‘n groot passie!

Om swanger mammas (en mammas met klein kinders) te bemoedig om deur gesonde voeding hulle kindertjies medisynevry groot te maak en om sodoende al die geweldige allergiee en kroniese siektes te voorkom.

‘n Gesonde lewenstyl vir kinders is van onskatbare waarde.

Ons het oor die afgelope 23 jaar drie seuns op natuurlike en gesonde voeding grootgemaak, sonder om ‘n druppel anti-biotika of medisyne te gebruik. 

As ons dit kon doen, glo ons jy kan ook. Jy en jou baba so gesond is soos wat jy eet.

As jy gesonde kos as medisyne begin sien, eerder as om medisyne as die oplossing vir elke hoes en siekte te sien, is die stryd klaar halfpad gewonne.

Genetiese navorsers bestudeer die impak van ons gedrag op ons gene. Dit word al hoe duideliker uit hulle navorsing dat wat ons eet of drink of inasem ‘n impak op ons gene het. Hierdie impak word sterker voortgedra in die volgende generasie.

Almal weet dat alkohol gebruik tydens swangerskap lei tot verskeie siektes en selfs gebrekke by babas.

Is dit dan so moeilik om die teenoorgestelde te glo? Dat gesonde voeding kan lei tot meer gesonde en perfekte babas?

Dat gesonde voeding kan bydra tot ‘n perfek gevormde gesiggie net soos alkohol tot ‘n gesig defeksie kan lei?

Al ooit gedink oor die langtermyn gevolge van ‘n perfek gevormde gesiggie?

Hoe wangbene en ‘n wye mond baie spasie laat vir al die tande sodat draadjies nooit nodig sal wees nie.

Gesonde oe wat groei na die regte grootte sal nooit sukkel met ver of bysiende probleme en dus nooit ‘n bril benodig nie.

Perfek gevormde neus en sinus kanale laat genoeg plek vir dreinering en dus geen oor of sinus infeksies en minder verkoues, griep en allergiee.

Wat kan ‘n mamma doen om dit te bewerkstellig?

Wel die mees belangrikste besluit wat ‘n mamma voor konsepsie of tydens swangerskap of tydens borsvoeding kan neem, is om haar dermkanaal gesond te hou.

Dit doen sy deur die probiotika of gesonde dermkanaal bakteriee te voed en te pamperlang.

Dr Anton Janse Van Rensburg het 12 verskillende natuurlike voedingstegnieke in Nucleo aangewend tydens die formulering juis om die probiotika en dus die dermkanaal te voed en te pamperlang.

Sy swanger vrou was die eerste wat Nucleo gebruik het juis omdat hy niks anders kon kry wat hy kon vertrou om vir sy vrou te gee nie. Sy het alles in Nucleo wat sy nodig gehad het vir ‘n gesonde dermkanaal en optimale groei van ‘n perfekte baba.

Nucleo is die mees volledigste en bekostigbare voeding wat ‘n swanger mamma kan gebruik en daarom ons nommer een voorstel tydens swangerskap. Meer detail volg na onder.

Probiotika is ons tweede voorstel vir gereelde gebruik tydens swangerskap.

Wat moet ‘n mamma dan vermy tydens swangerskap om haar dermkanaal gesond te hou?

1 – Enige medisyne of antibiotika want dit

– vernietig die gesonde mikrobes in die dermkanaal

– vermeerder kandida en ander slegte bakteriee in die dermkanaal

– verminder die dermkanaal se vermoee om gesonde kos te absorbeer

– verminder Sink (die intelligensie mineraal) en beinvloed dus die baba se IK negatief

– Slegte bakteriee vorm toksiese afval wat deurlek na die bloedstroom en via die plasenta direk aan die baba gevoer word.

2 – Vermy ‘n keisersnee indien moontlik:

Babas wat via ‘n keisersnee gebore word, kan nie die gesonde dermkanaal bakteriee van mamma se geboortekanaal sluk nie en is dus baie keer siekerig en ontbloot direk na geboorte. In plaas van direk by mamma wees om te begin borsvoed, word hulle in ‘n broeikas geplaas tot dit “veilig” genoeg is om by mamma te kom le. Daar kom baie gesondheids skade om nie eens van emosionele skade te praat as baba nie onmiddellik by mamma kan wees nie.

3 – Vermy bottel voeding so lank as moontlik:

Borsmelk bevat die mees kragtigste super flora/probiotika tydens elke voeding.

4 – Vermy alle hoe GI koolhidate, gluten, suiker en suiwel:

Al bogenoemde is superkos vir slegte bakteriee en kandida in die dermkanaal. Hierdie slegte bakteriee vernietig ook belangrike voeding soos yster, vitamin K, B1, B12 en aminosure. Babas wat hierdie slegte bakteriee erf sukkel tipies met Allergiee, Asma, ADHD, Outisme en gereelde siektes.

Wat is die 3 belangrikste voedings groepe waarop ‘n mamma moet konsentreer?

1 – Proteine:

Hou ingedagte dat jou baba se liggaampie hoofsaaklik uit proteine bestaan, so mamma wil 80 – 100g proteine per dag inneem.

Proteine help met die sel- en breinontwikkeling van die baba.

Proteine vervaardig meer rooibloedselle aangesien mamma nou 50% meer bloed benodig.

Protein help ook om naarheid te voorkom.

Neute, lensies, spinasie, spirulina is baie goeie proteine.

Na Nucleo en Probiotika is Kollageen ons derde voorstel vir elke mamma tydens swangerskap.

Bees-of skaap-aan-die-been of in bredies is geweldig goed agv die Gelatien of Kollageen (Gelatien in poeier vorm). Die Gelatien of Kollageen dra geweldig by tot die ontwikkeling van ‘n sterk beenstruktuur vir die baba.

Kollageen gaan geweldig help om rekmerke te voorkom. Dit gaan ook help om na swangerskap mamma se hare, naels en vel gesond te hou. Dit gaan ook help om enige rug en kniepyne uit te stryk. Dit gaan verder help om die dermkanaal te versorg.

2 – Gesonde vette (Omega 3 olies) :

Omega 3 olie/vette is essensieel vir baba se breinontwikkeling (wat hoofsaaklik uit vette bestaan). Dit is net so belangrik tydens borsvoeding vir goeie melkproduksie en verdere breinontwikkeling vir die baba. Ander gesonde bronne vir Omega 3 buiten Nucleo is botter, eiers, avokado’s, neute, vis, kokosneut-, olyf- en flaksolie.

Vette om ten alle koste te vermy: Trans vette kom in gebakte, geprosesseerde en in olie gebraaide kosse voor. Maw gebraaide skyfies, KFC, koekies, crackers ens is uit!

3 – Probiotika en groentes/slaaie :

Eet soveel rou, gefermenteerde, gespruite groentes en slaaie as moontlik. Dit help om die gesonde dermkanaal bakteriee te vermenigvuldig.

Gebruik ook Kefir of kambucha van water of melk kulture.

Spinasie, Spirulina en ander groen groentes en slaaie voorsien essensiele foliensuur en yster vir mamma.

Baie belangrik om alle alkohol, geprosesseerde kosse, “junk food”, suiker, suiwel, gluten en hoe GI kosse vermy (dit sluit in brood, pizza, burgers, pasta, aartappels).

Want dit veroorsaak slegte bakteriee in die dermkanaal.

So hoekom is Nucleo ons nommer een aanbeveling tydens swangerskap?

Vyf unieke voordele wat Dr Anton aangewend het in die formulering van Nucleo wat jy in geen ander pap, “shake” of maaltydvervanger in Suid Afrika sal kry nie:

1 – Nucleo bevat die superkos, Spirulina, wat help met detox van swaar metale, veg teen slegte bakteriee in die dermkanaal, voeding is vir gesonde bakteriee en wat balansering van die hormonale stelsel ondersteun. Spirulina is ook ‘n natuurlike antioksidant wat saam met kolostrum in Nucleo siektes beveg op ‘n natuurlike manier. Inteendeel daar is verskeie Nucleo gebruikers wie se immuniteit so geweldig sterk is, dat hulle na jare se daaglikse gebruik net nie meer siek raak nie. Ons is deel van hulle.

2 – Nucleo bevat 1550mg wilde salm olie per 50g maaltyd (maw die gesonde Omega 3 vette). Ons voer die olie in vanaf Switzerland van ‘n maatskappy wat die olie nano-enkapsuleer sodat dit in poeiervorm steeds die integriteit van die olie beskerm. Daar is geen ander maaltydvervanger, pap of “shake” wat soveel Omega 3 in een maaltyd sit nie. Dit is geweldig belangrik vir die baba se groei en breinontwikkeling tydens swangerskap.

3 – Nucleo bevat die volle daaglikse dosis vir Sink, Kalsium, Selenium, Lecithin, Foliensuur en Magnesium, almal belangrik vir die perfekte ontwikkeling van die baba. 

4 – Nucleo bevat pre-biotika, verteringsensieme, aminosure en spirulina wat saam die groei van gesonde dermkanaal bakteriee (probiotika) eksponensieel verbeter. Daarom dat Nucleo saam met ons 12 kultuur Rawbiotics Probiotika (ons tweede voorstel) so ‘n geweldige positiewe impak op die dermkanaal het.

5 – Nucleo bevat die volle reeks Vitamine (Vit C in ekstra dosis) en volle reeks minerale (wat in ‘n aminosuur kelaat verbind is vir optimale absorpsie) wat mamma nodig het om haar liggaam sterk te maak sodat sy nie siek raak nie. Of as sy siek raak kan sy net dubbel dosis gebruik om die siekte te beveg. Nucleo bevat 9g gesonde proteine per 50g maaltyd. Ons beveel aan dat jy 25g Kollageen (ons derde voorstel) saam met jou Nucleo gooi om jou gesonde proteine aan te vul.

Die kombinasie van die 3 produkte is die mees volledigste, bekostigbare en gesondste opsie wat ‘n mamma kan neem tydens swangerskap:

Meng 50g Nucleo en 4 tot 5 teelepels Kollageen in so 200 – 300ml koue water in ‘n shaker of in ‘n smoothie en neem dit daagliks as oggend of middagete. Jy kan dit ook meng in gewone jogurt (geen suiker nie).

Wanneer jy siekerig voel kan jy 2 tot 3 keer bogenoemde per dag neem. Daar is niks skadelik in Nucleo nie en jy kan nie te veel neem nie.

Drink 30-40ml Rawbiotics probiotika of 2 caps Flora in ‘n glas water (of saam met jou Nucleo) 4 tot 5 dae per week tydens swangerskap en borsvoeding.

Nucleo is 80% goedkoper as wanneer jy die 43 bestanddele apart by ‘n apteek sou koop.

Inteendeel 50g Nucleo (volledige maaltyd) is goedkoper as ‘n koppie koffie teen minder as R20.

Daarom se ons dis die mees bekostigbare voeding tydens swangerskap vir die waarde wat jy kry.

Ons koop grootmaat “Bovine Peptan” Kollageen (ingevoer uit Frankryk van gras vretende beeste) en herverpak dit in 500g sakkies. Dit is dan ook 80% goedkoper as enige ander Kollageen in SA.