Your Cart

Have everything you need?

← Back to shop
Your Cart is empty
Visit ourshop pageto see our full catalogue

Nadat ons self drie seuns sonder medisyne met gesonde voeding grootgemaak het, is ons oortuig dat enige Mamma dit kan doen. Dis die beste manier om toenemende allergie, kroniese kindersiektes en moderne kwale soos ADHD te voorkom. Dit is sonder twyfel die grootste geskenk denkbaar wat ‘n ouer aan ‘n kind kan gee en ons is besig om ons swanger skoondogter met dieselfde inligting toe te rus.

Ter opsomming, hiermee ons aanbeveling aan ons eie swanger skoondogter:

1 – 50g Nucleo met 4 teelepels Kollageen daagliks. Later meer oor Nucleo as ideale voeding tydens swangerskap.

2 – 30ml Rawbiotics Defense elke tweede dag. Later meer oor ‘n gesonde dermkanaal.

3 – Begin met een kapsule Mega Vit D3 daagliks vir 2 weke. Maak nie saak hoe ver in die swangerskap nie. Begin Vit D3 daagliks vir 2 weke om Vit D vlakke te verhoog, voldoende vir beide Mamma en baba. Na 2 weke, drink 1 kapsule per week. Dan weer vanaf geboorte, 1 kapsule daagliks vir 2 weke. Vit D3 versterk Mamma se immuniteit en verseker beter absorbsie deur die plasenta van al die nodige vitamiene en minerale vir optimale groei van baba. Dit bevorder gesonde beendigtheid en ontwikkeling van baba se organe. Dit help met voorkoming van premature geboortes, asook koliek tydens en na borsvoeding.

4 – Een kapsule MgO Magnesium daagliks tydens swangerskap en borsvoeding. Daar is magnesium in Nucleo, maar Mamma het heelwat meer nodig. Magnesium is belangrik vir die bevordering van 300 biologiese prosesse in baba se ontwikkeling. Magnesium help ook met die versterking van die uterus sodat Mamma makliker natuurlik geboorte kan gee. Later meer voordele van Magnesium.

5 – Een kapsule BrainMag (Magnesium L-Threonate) daagliks vir ondersteuning van die ontwikkeling van baba se brein.

6 – Ses tablette (3g) Spirulina daagliks 4 maande voor geboorte en tydens borsvoeding wat help om melkproduksie te verbeter. Ekstra spirulina is nodig buiten die in Nucleo.

‘n Gesonde lewenstyl vir kinders is van onskatbare waarde

Ons het oor die afgelope 25 jaar drie seuns met natuurlike en gesonde voeding grootgemaak, sonder om ‘n druppel anti-biotika of medisyne te gebruik. Ons het ook geen kinder inentings gebruik nie. Kontak ons vir ‘n volledige verslag oor watter inentings watter newe effekte of komplikasies veroorsaak.

Jy en jou baba is so gesond soos wat jy eet. As jy gesonde kos as medisyne begin sien, eerder as om medisyne as die oplossing vir elke hoes, koors en siekte te sien, is die stryd klaar halfpad gewonne.

Wat kan ‘n mamma doen om dit te bewerkstellig?

Wel die mees belangrikste besluit is om haar dermkanaal gesond te hou.

Dit doen sy deur die probiotika of gesonde dermkanaal bakteriee te voed en te pamperlang.

Dr Anton Janse Van Rensburg het 12 verskillende natuurlike voedingstegnieke in Nucleo aangewend om juis probiotika en dus die dermkanaal so te versorg.

Meer as 15 jaar gelede was sy swanger vrou die eerste mamma wat Nucleo gebruik het, aangesien hy niks anders kon kry wat volledig en veilig genoeg was, om vir sy vrou te gee nie. Nucleo het alles gebied wat sy nodig gehad het vir ‘n gesonde dermkanaal en optimale groei van hulle baba.

Gram vir gram is Nucleo die mees volledigste en bekostigbare voeding wat ‘n swanger mamma kan gebruik. Karlien van Jaarsveld stem saam en haar kinders gebruik dit nou nog jare later.

Wat moet ‘n mamma dan vermy tydens swangerskap om haar dermkanaal gesond te hou?

1 – Enige medisyne of antibiotika want dit:

– vernietig die gesonde mikrobes in die dermkanaal

– vermeerder kandida en ander slegte bakteriee in die dermkanaal

– verminder die dermkanaal se vermoee om gesonde kos te absorbeer

– verminder Sink (die intelligensie mineraal) en beinvloed dus die baba se IK negatief

– Slegte bakteriee vorm toksiese afval wat uitlek in die bloedstroom en dan via die plasenta direk aan die baba gevoer word

2 – Vermy ‘n keisersnee indien moontlik:

Babas wat via ‘n keisersnee gebore word, kan nie die gesonde dermkanaal bakteriee van Mamma se geboortekanaal sluk nie, en het gevolglik ‘n laer weerstand teen siektes. In plaas van direk by Mamma wees vir die eerste borsvoeding, word hulle in ‘n broeikas geplaas en baie keer bottelvoeding gegee totdat dit “veilig” genoeg is om by Mamma te kom le. Daar kom baie gesondheidsskade om nie eens van emosionele skade te praat as baba nie onmiddellik by Mamma kan wees nie.

3 – Vermy bottelvoeding so lank as moontlik:

Borsmelk bevat die mees kragtigste super flora/probiotika tydens elke voeding.

4 – Vermy alle hoe GI koolhidrate, gluten, suiker en suiwel:

Al bogenoemde is superkos vir slegte bakteriee en kandida om te vermeerder in Mamma se dermkanaal. Hierdie slegte bakteriee vernietig ook belangrike minerale en vitamienes soos yster, vitamin K, B1, B12 en aminosure, en verlaag sodoende baba se immuniteit. Hierdie dieet van Mamma veroorsaak dat baba baie meer vatbaar is vir allergiee, asma, verkoues en griep

Belangrike voedingsgroepe, vitamiene en minerale waarop ‘n Mamma moet fokus:

1 – Proteine, Vitamin D3 en Magnesium:

Hou ingedagte dat jou baba se liggaampie hoofsaaklik uit proteine bestaan, so mamma wil 80 – 100g proteine per dag inneem.

Proteine help met die sel- en breinontwikkeling van die baba.

Proteine ondersteun die vervaardiging van meer rooibloedselle, aangesien Mamma nou 50% meer bloed benodig.

Nucleo, Kollageen, Spirulina, neute, lensies en spinasie bevat baie goeie proteine. Vars vis en wildsvleis is natuurlik ook gesonde proteine.

Kollageen en ekstra Vitamin D3 is ook baie belangrik vir baba se been en spier ontwikkeling.

Kollageen help om Mamma se hare, naels en vel gesond te hou.

Vitamien D3 help met die absorpsie van nodige vitamiene en minerale vir ‘n gesonde baba. Dit help met melkproduksie tydens borsvoeding en voorkom koliek babas.

Magnesium help met die ontwikkeling van meer as 300 biologiese prosesse vir baba en daarom dus belangrik om ekstra Magnesium in te neem. Ons aanbeveling is Nucleo se 100mg Mg, plus 240mg in MgO, plus 500mg in BrainMag.

Magnesium help met die volgende:

1 – Om beenkrampe te voorkom tydens swangerskap.

2 – Verhoed saam met Vit D3 dat baba te vroeg gebore word.

3 – Voorkom dat baba ondergewig tydens geboorte is.

4 – Help om naarheid tydens swangerskap te voorkom.

5 – Reguleer (saam met Spirulina en Omega 3) gesonde bloedsomloop en verhoed hoe bloeddruk tydens swangerskap.

6 – Voorkom moegheid en voorsien gesonde energie tydens swangerskap.

7 – Help (saam met VitD3 en Spirulina) met algehele ontwikkeling van baba en sy biologiese prosesse van brein tot beentjies.

8 – Help om bloedsuiker te reguleer en voorkom dus enige vorm van kinderdiabetes in baba.

9 – Voorkom spanning voor en tydens geboorte en voorkom nageboorte depressie by Mamma.

10 -Hierdie mineraal help met bloedtoevoer en dus versterking van die uterus.

11- Die Magnesium L-Threonate help veral met baba se breinontwikkeling, vir ‘n kalm baba wat dan beter slaap.

2 – Gesonde vette (Omega 3 olies):

Omega 3 olie/vette is essensieel vir baba se breinontwikkeling (wat hoofsaaklik uit vette bestaan). Dit is net so belangrik tydens borsvoeding vir goeie melkproduksie en verdere breinontwikkeling vir die baba na geboorte. Ander gesonde bronne vir Omega 3 buiten Nucleo en Nordic Sea is avokado’s, olywe, neute, sade, vis, kokosneut-, olyf- en flakssaadolie.

Vette om ten alle koste te vermy: 

Transvette kom in gebakte, geprosesseerde en in olie gebraaide kosse voor. Bv pakkies aartappelskyfies, “slap chips”, visvingers, hoender “nuggets, KFC, hamburgers ens.

3 – Probiotika en groentes/slaaie :

Eet soveel rou groentes en slaaie as moontlik. Voeg toe gefermenteerde groentes(“sauerkraut”, kimchi), spruite ens. Dit help om die gesonde dermkanaal bakteriee te vermenigvuldig.

Gebruik ook kefir of kombucha van water- of melkkulture.

Spinasie, Spirulina en ander donkergroen groentes en slaaie voorsien essensiele foliensuur en yster vir mamma.

Baie belangrik om alle alkohol, geprosesseerde kosse, “junk food”, suiker, suiwel, gluten en hoe GI kosse te vermy (dit sluit in brood, pizza, burgers, pasta, aartappels).

Want dit veroorsaak slegte bakteriee in die dermkanaal.

So hoekom is Nucleo ons nommer een aanbeveling tydens swangerskap?

Vyf unieke voordele wat Dr Anton aangewend het in die formulering van Nucleo wat jy in geen ander pap, “shake” of maaltydvervanger in Suid Afrika sal kry nie:

1 – Nucleo bevat die superkos, Spirulina, wat help met detox van swaar metale, veg teen slegte bakteriee in die dermkanaal, voeding is vir gesonde bakteriee en wat balans van die hormonale stelsel ondersteun. Spirulina is ook ‘n natuurlike ant-ioksidant wat saam met kolostrum in Nucleo siektes beveg op ‘n natuurlike manier. Inteendeel, daar is verskeie Nucleo gebruikers wie se immuniteit so geweldig sterk is, dat hulle na jare se daaglikse gebruik net nie meer siek raak nie. Ons is deel van hulle.

2 – Nucleo bevat 1550mg wilde salm olie per 50g maaltyd (m.a.w. die gesonde Omega 3 vette). Ons voer die olie in vanaf Switzerland van ‘n maatskappy wat die olie nano-enkapsuleer sodat dit in poeiervorm steeds die integriteit van die olie beskerm. Daar is geen ander maaltydvervanger, pap of “shake” wat soveel Omega 3 in een maaltyd toevoeg nie. Dit is geweldig belangrik vir die baba se groei en breinontwikkeling tydens swangerskap.

3 – Nucleo bevat die daaglikse dosis vir Sink, Kalsium, Selenium, Lesitien, Foliensuur en Magnesium, almal belangrik vir die perfekte ontwikkeling van die baba. Soos genoem benodig Mamma ekstra magnesium, Vit D3 en foliensuur tydens swangerskap.

4 – Nucleo bevat pre-biotika, verteringsensieme, aminosure en spirulina wat saam die groei van gesonde dermkanaal bakteriee (probiotika) eksponensieel verbeter. Daarom dat Nucleo saam met ons 12 kultuur Rawbiotics Probiotika so ‘n geweldige positiewe impak op die dermkanaal het.

5 – Nucleo bevat die volle reeks Vitamine (Vit C in ekstra dosis) en volle reeks minerale (wat in ‘n aminosuur kelaat verbind is vir optimale absorpsie) wat Mamma nodig het om haar liggaam se immuniteit te versterk, sodat sy nie siek raak nie. Of as sy siek raak kan sy net dubbel dosis gebruik om die siekte te beveg. Nucleo bevat 9g gesonde proteine per 50g maaltyd. Ons beveel aan dat jy 25g Kollageen saam met jou Nucleo te meng om jou gesonde proteine aan te vul.